Drie van SA se stede onder die ses gevaarlikstes in die wêreld

Drie van Suid-Afrika se stede is onder die ses gevaarlikstes in die wêreld, aldus Numbeo se jongste wêreld-misdaadaanwyser. Pretoria is tweede naas Caracas in Venezuela. Johannesburg is in die vierde plek na Port Moresby in Papoea-Nieu-Guinee. Durban is sesde na San Pedro Sula in Honduras en Kaapstad is in die 18de plek. Meer as 450 stede in die wêreld se misdaadstatistiek is in ag geneem.