SA en Kenia wil wêreldwye vrede, veiligheid verseker

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Kenia wil gemeenskaplike benaderings versterk om wêreldwye vrede en sekerheid te verbeter. Hy het tydens die Keniaanse president Uhuru Kenyatta se staatsbesoek in Tshwane gepraat. Ramaphosa sê hulle ondersteun saam met die res van die internasionale gemeenskap die mense van Palestina en Wes-Sahara in hulle stryd om selfbeskikking en nasieskap.