Drie skilderye van Adolph Jentsch onder die virtuele hamer

Drie skilderye van die bekende Namibiese landskapskilder, Adolph Jentsch, sal tydens ‘n virtuele veiling van Strauss en Company op 11 en 12 Oktober onder die hamer kom. Jentsch se olieverfskildery, Farm Kleepforte near Windhoek, se waarde word tussen 700 000 en een miljoen Namibiese dollar beraam, en die ander twee, Sunset Landscape with Trees en An Extensive Namib Landscape, op gemiddeld van 350 000 Namibiese dollar.