Drie reeds vanjaar dood in krokodil-aanvalle

Die omgewingsministerie het sy kommer uitgespreek oor voortgesette insidente van krokodil-aanvalle in die verre noordooste van die land. Daar is reeds twee mense vanjaar dood en op die oomblik, soek owerhede na ‘n derde, ‘n 9-jarige Namibiese meisie wat blykbaar aan die Angolese kant van die Okavangorivier ook deur ‘n krokodil aangeval is. In Desember is ‘n 50-jarige man ook dood as gevolg van ‘n aanval deur ‘n krokodil. Mense benut die rivier om water te kry, te bad en wasgoed te was, onder andere, en vind die aanvalle plaas. Woordvoerder Romeo Muyunda sê die gedrag wek kommer veral omdat boorgate voorsien is sodat gemeenskappe nie die rivier vir die doeleindes hoef te gebruik nie. Gemeenskappe word weer aan die gevare herinner en word gemaan om weg te bly van die rivier.