Meer as 100 dood in Japan-aardbewing

Die dodetal van Japan se aardbewing op Nuwejaarsdag het vanoggend tot bo 100 gestyg met meer as 200 mense wat steeds vermis word. Die aardbewing van 7,6 wat Japan se weskus getref het, het infrastruktuur vernietig en 23 000 huise sonder krag in die streek gelaat. Die soektog na oorlewendes onder ineengestorte geboue het vir ‘n sesde dag voortgeduur terwyl meer as 30 000 ontruimdes om hulp wag.