Drie mans in hof oor Maselspoort-herrie

Drie Suid-Afrikaanse mans is in hegtenis geneem vir die aanval op twee swart tieners by Maselspoort in die Vrystaat. ’n Video is vroeër die week op sosiale media versprei waarin die broers deur die groep mans gestamp, gewurg en onder water gehou is. Die 33-jarige Johan Nel van Bothaville en die 47-jarige Jan van der Westhuizen van Brandfort het in die hof verskyn op aanklagte van gewone aanranding en crimen injuria. Polisiewoordvoerder Motantsi Makhele sê ‘n derde verdagte, ‘n 48-jarige man, verskyn vandag in die Bloemfonteinse landdroshof op ‘n aanklag van poging tot moord.