Drie krygsgevangenes in Donbas kan doodstraf ontvang

Twee Britte en ‘n Marokkaan wat gevange geneem is terwyl hulle vir die Oekraïne in die baklei het, kan die doodstraf opgelê word nadat hulle skuldig gepleit het in ‘n hof van een van Rusland se gevolmagtigdes in die ooste van die Oekraïne. Volgens die Russiese RIA-nuusagentskap het Shaun Pinner en Brahim Saadoun skuld beken op optrede wat gemik is op die gewelddadige magsoorname. Aiden Aslin het skuldig pleit op ‘n mindere aanklag van wapens en plofstof. Die verhoor vind plaas in die Donetsk Volksrepubliek, een van twee wegbreek Russies-gesteunde entiteite in die Donbas-streek in die ooste van die Oekraïne. Die Oekraïne het ook onlangs ‘n Russiese soldaat lewenslank tronk toe gestuur vir die dood van ‘n burgerlike.