Drie-jarige outistiese Australiese seuntjie was vir vier dae vermis

‘n Driejarige Australiese seuntjie met outisme het slegs ‘n paar skrape aan sy bene opgedoen nadat hy vier dae lank vermis was. Hy is laas by sy gesin se eiendom in Nieu-Suid-Wallis gesien. Die bemanning van polisie-helikopters het Anthony Elfalak by ‘n rivieroewer 500 meter van sy huis opgemerk terwyl hy besig was om water uit ‘n spruit te drink. Meer as 100 mense het aan die soektog deelgeneem nadat Anthony se ouers gevrees het hy is ontvoer. Sy pa sê dis ‘n wonderwerk dat hy gekry is.