Drie jagluiperdwelpies in Indië dood

Nog twee van die vier Namibiese jagluiperdwelpies wat in Indië gebore is, is Donderdag dood, twee dae nadat die eerste welpie dood is. Daar is nou net een van die welpies oor. Hulle het glo gevrek weens uiterse weersomstandighede en dehidrasie. Dit is die sesde Namibiese jagluiperd wat in Indië dood is nadat agt na die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh verskuif is. Die eerste sterfgeval was van ‘n wyfie op 27 Maart weens ‘n nierkwaal. Kommer bestaan oor die welsyn van die Namibiese en Suid-Afrikaanse jagluiperds en dat hulle eerder weer verskuif behoort te word.