Drie dood, ses gewond in mes-aanval by Chinese kleuterskool

Drie mense is dood en ses gewond in ‘n mes-aanval vandag by ‘n kleuterskool in China. Internasionale nuusagentskappe berig die polisie in die provinsie Jianxi het ‘n bendelid met ‘n hoed en masker op die skool ingestorm en mense aangeval. Die 48-jarige verdagte het ontsnap en word gesoek. Die ouderdomme van die slagoffers is nog nie bekend gemaak nie. Geweldsmisdaad het selde in China voorgekom, deel weens streng beheer oor wapens en veiligheid. Daar was egter die laaste paar jaar mes- en byl-aanvalle, ook by skole.