Drie Covid-sterftes in twee distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in twee distrikte, Eenhana en Engela, aangemeld, asook 18 nuwe gevalle van 1 161 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 1,6 persent verteenwoordig. In die groep is twee leerders en een student. Daar is nou 869 aktiewe gevalle, waarvan 50 in hospitale is en ses in intensiewesorgeenhede. Altesaam 232 548 mense is ten volle ingeënt. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste statistieke.