Drie buitelanders wat dalk onwettig visvang, terug in die hof

Die drie mans wat van onwettige visvang aangekla word se saak word vandag voortgesit in die Walvisbaai-landdroshof. Die drie, die kaptein, Rodrigues Jose, hoofingenieur Charl le Corre, en Angolese bemanningslid Mateus Ambrosio, is op 19 Desember op die Angolese MFV Lucimar, deur die Nathaniel Maxuilili-patrollievaartuig onderskep in Namibiese waters naby die Angolese grens. Daar was ‘n totaal van 19 bemanningslede aan boord, bestaande uit 15 Angolese burgers, twee Senegalese burgers, een Suid-Afrikaner en een Portugese burger.