Drempel vir belasbare inkomste moet aangepas wordNovember 22, 2022

Die minimum belasbare inkomste is nie oor die afgelope agt jaar in Namibië aangepas tot die onlangse middeltermyn begroting. Dit impliseer dat lae-inkomste individue wat oor die jare inflasie-aangepaste salarisverhogings ontvang het, kwalifiserende belastingbetalers geword het. Volgens Simonis Storm in die hoofstad het dit implikasies vir verbruikersbesteding in die ekonomie en inkomste-ongelykheid. Theo Klein van die firma gesels met Kosmos 94.1 Nuus…

Klein sê as lae-inkomsteverdieners belas word, sal dit die gaping tussen rykes en armes vergroot.