Drank en tabak styg met 5,4% in Julie

Gedurende Julie 2022 het die jaarlikse inflasiekoers vir alkoholiese drank en tabak, wat 12,6 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, met 5,4 persent elk gestyg, vergeleke met 2,5 persent in Julie van die vorige jaar. Pryse vir tabak het ‘n stadige groei van 5,4 persent in Julie 2022 aangeteken, vergeleke met die 9 persent van Julie 2021. Pryse vir alkoholiese drankies het in Julie 2022 met 5,4 persent gestyg, vergeleke met die 1,1 persent in Julie 2021. Op ‘n maandelikse basis het die inflasiekoers met 0,4 persent gestyg, wat  laer is as die 1,4 persent wat in Junie 2022 aangeteken is.