Drank: algehele verbod meer doeltreffend as gedeeltelike verbod

‘n Studie van die Universiteite van Kaapstad en Stellenbosch wys ‘n algehele verbod op alkohol is doeltreffender om traumagevalle te verminder as bloot ‘n gedeeltelike verbod. Volgens die navorsing was daar ‘n daling van 18,7 persent in traumagevalle toe die volledige verbod toegepas is. Dis waarskynlik as gevolg van inperking op vlakke 4 en 5 wat gesorg het vir minder verkeer en sosiale byeenkomste. Die navorsing is gegrond op inligting wat die Mitchells Plainse hospitaal verskaf het vir die tydperk tussen Maart en September verlede jaar.