Drama met skoolklere in buurland duur voort

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika dreig om skole te vervolg wat nie voldoen aan die jongste riglyne vir die aanskaf van skooluniforms nie. Dit volg terwyl nog ouers beswaar aanteken oor die stygende koste van skoolklere, wat hulle dwing om hulle hande dieper in hulle sakke te steek. ʼn Woordvoerder van die kommissie, Siya Makunga, sê hulle het sedert die begin van 2022 tot 220 klagtes ontvang wat verband hou met skoolklere: