“Dracula” bied Pfizer-entstof aan

Vampiere gaan nie dalk jou bloed suig nie, maar toeriste wat die Bran-kasteel in Transsilvanië besoek, sal Pfizer se entof aangebied word. Dié kasteel is glo die inspirasie vir die legende van Graaf Dracula. Volgens internasionale media hoop die Roemeense regering dit sal besoekers lok.