Dra swart op 9 Junie, vra White Ribbon

White Ribbon is ‘n gemeenskapsorganisasie wat gestig is om kwessies wat vroue en kinders in Namibiese gemeenskappe in die gesig staar, tot ‘n einde te bring. Charles Simakumba, die stigter van White Ribbon is vasbeslote om saam met vroue en mans te veg om seker te maak dat die vroue en kinders veilig is. Daarom het die organisasie begin met ‘n projek genaamd “Thursday in Black”, ‘n simbool van simpatie teenoor die moord en verkragting van vroue en kinders van ons gemeenskappe. Simakumba, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie dag sal op 9 Junie op Okahandja gevier word. Hy doen ‘n beroep op alle Namibiërs om op hierdie Donderdag swart te dra.