Dr. John Steytler is nuwe Ontwikkelingsbank-hoof  

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het die aanstelling van dr. John Steytler as die nuwe hoof uitvoerende beampte aangekondig. Sy aanstelling tree op 1 September in werking vir ‘n tydperk van vyf jaar. Dr. Steytler, ‘n ekonoom, het suksesvol na vore getree ná ‘n uitgerekte onafhanklike werwingsproses deur die bank. Steytler is tans die GIZ Namibië-projekleier van die Inisiatief vir Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte. Voor dit was hy die ekonomiese adviseur van die President van Namibië. Hy het ook Namibië se eerste Statistieke-kantoor gestig en het vir vier jaar gedien as die statistikus-generaal by die Namibiese Statistieke-agentskap.