Dr Geingob woon verskeie internasionale geleenthede by

President Hage Geingob woon die volgende twee weke verskeie belangrike internasionale geleenthede by. Hy is eers na Skotland, waar hy sal aansluit by minstens 25 000 wêreldleiers, onderhandelaars, aktiviste, afgevaardigdes en joernaliste van 200 lande wat verwag word by die 26ste Verenigde Nasies se klimaatsveranderingskonferensie of te wel COP26 wat van vandag af tot 12 November in Glasgow in Skotland gehou word. Dr.Geingob sal daarna deelneem aan die 4de weergawe van die Parys Vredesforum (PPF), wat vir 11 tot 13 November in Frankryk geskeduleer is.