Dorpsrade sit met hul hande in hul hare oor onwettige verbindings

Met die groei van onwettige plakkerskampe gaan plaaslike owerhede regoor die land gebuk onder die taak om water en krag aan die inwoners te voorsien. Ten spyte van hulle pogings word daar vele onwettige krag- en waterverbindings gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met raadslid Ryan Gordon van die Walvisbaai-streeksraad gepraat, wat sê die probleem raak al hoe groter vir die Walvisbaai munisipaliteit.