Dooievlei-foto: Toeriste is onkundig

Foto’s van toeriste wat die bome in die Dooievlei by Sossusvlei geklim het, lok wyd reaksie uit. Die bome is uiters oud en redelik broos en vorm deel van die landskap se prag. Dr. Peter Cunningham, ‘n plaaslike ekoloog sê toeriste is meeste van die tyd eenvoudig onkundig maar, dat die tipe van ding gerapporteer moet word.