‘Dooie’ Amerikaanse seksoortreder in Skotland opgespoor

‘n Skotse hof het beslis ‘n man wat in ‘n Covid-19-saal in ‘n plaaslike hospitaal in hegtenis geneem is, is inderdaad die Amerikaanse voortvlugtige, Nicholas Rossi. Die man het volgehou hy is Arthur Knight en dat hy die slagoffer van foutiewe identiteit is, maar die hof in Edinburgh het bewyse aanvaar dat sy tatoeëermerke en vingerafdrukke met dié van Rossi ooreenstem. Amerikaanse owerhede wil hom vervolg op aanklag van verkragting en seksuele aanranding. Hy het in 2020 sy dood vervals en landuit gevlug. Skotse howe sal in Maart besluit of Rossi aan Amerika uitgelewer gaan word.