Doodsvoordeel vir staatspensioenarisse

Enige Namibiër wat die ouderdom van 60 jaar bereik het, kan aansoek doen om pensioen van die staat te ontvang, al het die persoon nog nie amptelik by sy werk afgetree nie. Boere word daaraan herinner dat plaaswerkers ook geregtig daarop is, sonder dat hulle uit diens hoef te tree op pensioen. Indien ’n persoon te sterwe kom wat hierdie pensioen ontvang, is daar ’n doodsvoordeel waarop naasbestaandes geregtig is. Dit bestaan uit ’n bedrag van 4 500 Namibiese dollar waarmee die koste van ’n doodskis gesubsidieer word en dit word direk aan die verskaffer of begrafnisondernemer betaal. Die voordeel word deur die Maatskaplike Voorsorgkommissie geadministreer.