Doodsregistrasie van 42 bus-ongeluk slagoffers gaan begin

Die gesondheidsdepartement in Limpopo het planne aangekondig om te begin met die doodsregistrasie van die geïdentifiseerde oorskot van 42 mense wat in die Paasnaweek-busongeluk dood is. Dit is deel van die proses voor die repatriasie van liggame na hulle families in Botswana. Die ongeluk op die R518 Mmamatlakala-pad naby Mokopane het 45 lewens geëis, met net ‘n agt-jarige meisie wat dit oorleef het. Die LUR Phophi Ramathuba het bevestig nuwe materiaal word ingesamel vir die drie oorblywende monsters.