Dood van S-Afrikaner in Hawaii niks met sy ras uit te waai nie

Die polisie in Honolulu, in Hawaii, het daarop aangedring dat die noodlottige skietery van ‘n Suid-Afrikaanse man niks met sy ras te doen het nie. Die 29-jrige, Lindani Sanele Myeni, wat van KwaZulu-Natal afkomstig is, is in ‘n konfrontasie met die polisie doodgeskiet nadat hulle gereageer het op ‘n 911-oproep van ‘n inbraak. Die polisie sê dat Myeni wat daar naby gewoon het, na bewering ‘n vrou na haar huis gevolg het. Die polisie sê ook dat hy, toe hulle by die huis aangekom het, die beamptes aangeval het.