‘Donker vlug’ onderskep met 52kg metamfetamien

Die Australiese Federale Polisie sê vyf beweerde kriminele sindikaatlede is gearresteer en daarvan beskuldig dat hulle ‘n “donker vlug” van Papoea-Nieu-Guinee na Australië met 52 kilogram metamfetamien georkestreer het. Die verdagtes het blykbaar die Beechcraft se outomatiese sein afgeskakel om beide die dwelms, met ‘n beraamde straatwaarde van 10 miljoen Amerikaanse dollar, te gaan haal en weer terug te bring. Luidens die verklaring is die mans, almal van die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis, lede van ’n transnasionale misdaadsindikaat, wat al maande lank onder die loep is. Die vliegtuig, wat nie op radar opgetel kon word nie is ook uiters laag gevlieg om alle monitering te ontduik.