Donald Trump moedig ghofspelers aan om by LIV-reeks aan te sluit

Gholf: Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, moedig spelers aan om by die omstrede wegbreek-LIV-reeks aan te sluit en die geld wat hulle kan kry te neem. Hy glo spelers wat lojaal aan die PGA-toer bly, sal hul kans verbeur wanneer die twee toere later saamsmelt. Die volgende LIV-toernooi sal vanaf 29 Julie op die Trump National Gold Bedminster-baan in New Jersey gespeel word. Families van die 11 September-slagoffers het Trump versoek om die geleentheid te kanselleer weens Saoedi-Arabië se steun vir die reeks.