Donald lei weer Europa se Ryderbekerspan

Die Engelsman, Luke Donald, sal volgende jaar weer die kaptein van Europa se Ryderbeker-span wees. Hy het die span verlede maand tot ‘n oorwinning van 16-en-‘n-half teen 11-en-‘n-half oor Amerika aangevoer, waarna sy spanmaats hom gevra het om onlangse tradisie oorboord te gooi en in beheer te bly. Donald wil slegs die tweede kaptein na Tony Jacklin in die 1980’s word om Europa tuis en weg na oorwinnings te lei. Vanjaar se kompetisie is in Rome gespeel en volgende jaar sal dit in New York plaasvind. Donald sê hy is verheug en geëerd om weer die kaptein te wees.