Dolfyn vlugtelinge vorder goed en maak kinders se harte bly

Vier dolfyn vlugtelinge en drie seeleeu-vlugtelinge vermaak talle kinders in die Swartsee-hawestad Constanta, in Roemenië. Die seediere is verlede jaar in Februarie inderhaas uit Kharkiv in die Oekraïne ontruim na die Russiese inval begin het. Die afrigters en dokters van die sewe seediere het saam met hulle na Roemenië gereis en alhoewel hulle nie die Roemeense personeel kan verstaan nie, praat hulle almal dieselfde taal – sorg vir die diere. Roemenië is een uit sowat 14 state van die Europese Unie wat seediere in gevangenskap het.