Nagemaakte medisyne is Afrika se grootste gevaar

Pogings is aan die gang om regerings se toesig oor nagemaakte medisyne in Afrika te versterk en medisyne se eindgebruikers, naamlik pasiënte, op te voed oor die veilige gebruik van medisyne. Dis is volgens ‘n navorser van die Tshwane Universiteit van Tegnologie, David Katerere. Hy sê verbruikers moet weet hoe om medisyne visueel na te gaan vir vervaldatums en ander merkers wat dit identifiseer. Katerere voeg by as mense die verskil tussen medisyne van goeie gehalte en ‘n nagemaakte een kan sien, kan dit die verskil tussen lewe en dood beteken.