Dogtertjie, 8, se oom verkrag haar blykbaar

Die polisie op Hentiesbaai ondersoek ‘n saak van verkragting. Volgens die weeklikse misdaadverslag is ‘n meisie, agt jaar oud, blykbaar deur haar oom verkrag. Hy het blykbaar die kind en haar ma genooi om by hom oor te slaap. Die ma was gedrink. Sy het later wakker geword en die man op heterdaad betrap maar, het weer aan die slaap geraak. Die klag is eers later gemaak. Op die oomblik stel die mag ondersoek in en geen arrestasie is gemaak nie.