Nog hulde vir Geingob uit Suid-Afrika

Die leier van die United Independent Movement in die buurland, Neil de Beer, sê die Namibiese president Hage Geingob was ‘n ware leier van die vasteland en die mense van Namibië. Geingob is Sondag in die ouderdom van 82 oorlede in die Lady Pohamba-hospitaal in die hoofstad. De Beer sê hy het die voorreg gehad om hom verskeie kere te ontmoet in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-streek. Hulle gedagtes en gebede is met sy vrou, Monica Geingos, en die familie: