Doen nou aanlyn aansoek vir paspoorte, werksvisums

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het vandag ‘n aanlyn aansoek-stelsel vir paspoorte en ses maande-werksvisums bekendgestel. Die minister dr. Albert Kawana sê die ministerie se digitale mylpaal sal tot diens-doeltreffendheid en -verbetering lei, aangesien dit Namibiërs en inwoners in staat stel om aansoek te doen vir paspoorte deur middel van hul selfone en die aansoekproses te monitor via ‘n SMS. Die ministerie se woordvoerder Sakeus Kadhikwa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoe die proses werk…