Dodetal styg ná myn-ongeluk in Colombia

Die dodetal ná ‘n myn-ongeluk in Colombia het tot 21 gestyg. Die ontploffing in ‘n steenkoolmyn sowat 75 kilometer noord van Bogota, het Dinsdag plaasgevind. Die ontploffing is veroorsaak deur gas wat in die myn opgebou het. Die land se President, Gustavo Petro, sê ‘n ongeluk in die werksplek is nie net ‘n probleem vir die betrokke maatskappy nie, maar ook ‘n aanduiding van die versuim van die gemeenskap en die regering. Petro se beloftes dat die land van gas en steenkool gaan wegbeweeg en meer op hernubare energie fokus, het bygedra tot sy verkiesing.