SA staatsamptenare sal salaris-aftrekkings hê ná staking

Staatsamptenare in die buurland wat ná hul staking teruggekeer het werk toe sal steeds aftrekkings op hul salarisse hê weens die geen-werk, geen-betaling-reël wat ingestel is. Die aftrekkings sal verdeel word oor die volgende vier maande. ‘n Tweede toegewing is bereik waarin geen tugstappe teen werknemers gedoen sal word vir hul deelname aan die onwettige arbeids-optrede nie. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het tydens ‘n nuuskonferensie aangekondig ‘n skikking is reeds bereik.