Dodetal in Haïti styg na 1 419

Owerhede in Haïti sê die sterftestyfer van Saterdag se aardbewing het tot 1 419 gestyg. Die skudding, wat 7,2 op die Richterskaal gemeet het, het 9 600 mense beseer. Daar is groot skade in die suidweste van die eiland aangerig en die tropiese storm Grace beweeg ook op die oomblik oor die gebied.