Dodetal in George-ineenstorting styg tot vyf
Die dodetal ná die ineenstorting van ‘n gebou in George het tot vyf gestyg, terwyl reddingsoperasies voortgaan. Nooddienste het 26 mense onder die puin verwyder, waarvan vyf dood is. Altesaam 49 word nog gesoek. ‘n Bouspan van 75 mense was op die perseel toe die gebou van verskeie verdiepings in Victoriastraat gistermiddag ingetuimel het. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê die reddingspoging fokus op drie gebiede waar die gebou meegegee het.