Dodetal in aardbewing styg steeds

Die dodetal in die kragtige aardbewing van 7,3 in Haïti in die Karibiese eilande het tot 304 gestyg. Die aardbewing het op ‘n diepte van 10 km voorgekom. ‘n Tsoenami waarskuwing is ook uitgereik. Talle geboue, insluitend kerke en hotelle is beskadig. ‘n Maand lange noodtoestand is intussen afgekondig. Haïti herstel nog van ‘n verwoestende aardbewing in 2010.