‘DNS’-moordenaar uit op parool in Brittanje

Die ma van ‘n vermoorde Britse tiener sê ‘n lewenslange vonnis behoort presies dit te beteken. Barbara Ashworth het reageer op die nuus van die vrylating van haar dogter, Dawn, en Lynda Mann se moordenaar, nadat hy 33-jaar uitgedien het. Colin Pitchfork was in sy vroeë 20’s toe hy die twee tieners in die 1980’s in Leicester vermoor het. Hy het in 1988 die eerste moordenaar in die land geword om op grond van DNS-bewyse skuldig bevind te word. Die Paroolraad het hom van die strengste parool-voorwaardes ooit opgelê.