Djokovic, Swiatek steeds wêreld-nommer een

Tennis: Novak Djokovic van Serwië het die nommer een-posisie behou ondanks ‘n onverwagse nederlaag in die halfeindronde van die Australiese Ope. Daniil Medvedev van Rusland het die kans verbrou om die nommer twee, Carlos Alcaraz van Spanje, verby te steek, ná sy nederlaag in die eindstryd in Melbourne, en is steeds derde. Hy word gevolg deur die kampioen, die Italianer Jannik Sinner, en Andrey Rublev van Rusland. Op die vroueranglys is Iga Swiatek van Pole steeds nommer een, met die kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, tweede en die Amerikaner Coco Gauff derde.