Djokovic sê hy is nie Franse Ope-gunsteling

Tennis: Novak Djokovic erken hy is bekommerd oor sy kanse by die Franse Ope na ‘n teleurstellende halfeindstryd-nederlaag gister teen die Tsjeg Tomas Machac by die Geneefse Ope. Die telling was 6-4, 0-6, 6-1. Djokovic sê hy is nie die gunsteling op Roland Garros nie en hy het baie om aan te werk. Hy verlaat Switserland met vraagtekens wat oor sy fiksheid hang na hy die afgelope paar dae met ‘n omgekrapte maag gesukkel het.