Djokovic is reg vir Parys

Die wêreld se nommer een speler, Novak Djokovic, sê hy is opgewonde om weer hierdie week in die Parys-meesterstoernooi te kan speel. Die Serwiër sal vir die eerste keer weer aan ‘n toernooi deelneem sedert sy nederlaag in die Amerikaanse Ope teen Daniil Medvedev. Djokovic, wat die titel in Parys reeds vyf keer gewen het, se eerste kragmeting sal teen óf Fabio Fognini óf Marton Fucsovics wees. Die 34-jarige Djokovic, sê ondanks die teleurstelling van sy nederlaag in die eindstryd van die Amerikaanse Ope, was dit vir hom ‘n geslaagde seisoen: