Djokovic is deur in Genève

Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, is deur na die halfeindstryd van die Genève Ope. Die 37-jarige Serwiër het Tallon Griekspoor van Nederland met 7-5, 6-1 geklop vir ‘n kragmeting met die Tsjeg Tomas Machac, in die laaste vier. Die 24-malige Grand Slam-kampioen gaan hierna na Roland Garros in die hoop om sy titel te verdedig. Djokovic sê Griekspoor was ‘n taai teenstander: