Dit wil voorkom asof EFF nie met ANC ooreenstem oor onteiening nie

Die DA sê dit is nie ‘n verrassing dat die EFF verlede week nie opgedaag het nie, vir ‘n vergadering van die ad hoc-komitee vir die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet, wat die onteiening van grond sonder vergoeding sal toelaat. Die komitee het ‘n dooie punt bereik sedert hulle die vorige sperdatum van 31 Mei gemis het. Annelie Lotriet van die DA sê dit is duidelik die EFF stem nie meer met die ANC saam oor die saak nie: