Dit is vandag Wêreldkinderdag

President Hage Geingob is vir die geleentheid op Kasane, ‘n dorp in die noordoostelike hoek van Botswana, naby die grense met Namibië, Zambië en Zimbabwe waar Unicef se Wêreldkinderdag by die Kazungula-brug gevier word. Dr. Geingob,dr. Mokgweetsi Masisi, die president van Botswana, die Zambiese president Hakainde Hichilima, en Emmerson Mnangwagwa president van Zimbabwe, sal onder meer teenwoordig wees. Kinderdag word jaarliks gevier.In 1925 is Internasionale Kinderdag vir die eerste keer in Genève afgekondig tydens die Wêreldkonferensie oor Kinderwelsyn.