Dit is môre Wêreld Geen-Tabak-dag

Die hoof vir openbare gesondheid van die Nelson Mandelabaai-metro in Suid-Afrika, Lance Grootboom, gaan die week ‘n aantal skole in die Oos-Kaap besoek om leerders in te lig oor die gevare van rook. Dit is môre Wêreld Geen-Tabak-dag. Grootboom sê die gifstowwe in sigarette kan kanker veroorsaak, veral long- en mondkanker. Rokers is ook meer vatbaar vir tuberkulose en hartsiektes.