Dit brand steeds by Gross Barmen

Die veldbrand wat Saterdag vermoedelik op die regeringsplaas Rudenau wes van Okahandja ontstaan het, brand steeds. Teen Sondag het die vuur in ‘n suidwestelike rigting beweeg maar het gedurende die nag wees in ‘n oostelike rigting gedraai, in die rigting van Gross Barmen en Okahandja. Lede van die boeregemeenskap het deur die nag die brand bestry en verskeie beroepe op hulp gedoen. Dit is tans plek-plek onder beheer maar brand steeds by Gross Barmen.