EU: Novovax-besluit kom vandag

Die Europese Medisyne-agentskap moet vandag besluit of hulle Novavax se entstof teen Covid-19 gaan goedkeur. Britse media berig die entstof sal die vyfde een wees wat die Europese Unie teen die koronavirus goedkeur. Dit het ‘n proteïenbasis, soortgelyk aan die tipe wat wêreldwyd teen verskeie kindersiektes gebruik word. Volgens Novavax het die entstof in toetse in Amerika ‘n doeltreffendheid van 90,4 persent getoon. Die maatskappy se bestuurshoof, Stanley Erck, sê die entstof kan groot struikelblokke met inentings wêreldwyd uit die weg ruim, insluitend uitdagings met die verspreiding daarvan en huiwering om ingeënt te word.