‘Dit blyk of Blade ‘n misdaadsindikaat bedryf het’

Die South African Union of Students sê dit lyk asof die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande ‘n misdadige sindikaat bedryf het, gelei deur die raadsvoorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Ernest Khoza. Dit volg ná die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, vir Nzimande en Khoza beskuldig het dat hulle die skema as ‘n kontantkoei gebruik en hulle eie geldmaaksindikaat geskep het. Die woordvoerder van die studente-organisasie, Asive Dlanjwa, sê hulle het oënskynlik ‘n instelling gekaap wat veronderstel is om studente uit armoede en lyding te help en hulleself en hulle makkers verryk: